Ermelo-vrou wat op MSC-bootreis was ontken gerugte
Sy het gesê dat daar vanaf die boot reeds valse gerugte versprei is en dat hul kwansuis in kwarantyn geplaas is.
Gerugte doen tans die ronde dat ’n vrou van Ermelo onlangs op ’n MSC-bootreis was en moontlik aan die Covid-19 virus blootgestel kon wees.
Die Hoëvelder het met die persoon gesels, waarna sy bevestig het dat sy wel op die bootreis vanaf 16 tot 20 Maart was.
Sy het gesê dat daar vanaf die boot reeds valse gerugte versprei is en dat hul kwansuis in kwarantyn geplaas is.
LEES OOK: Two MSC passengers positive for Covid-19, confirms Health Minister
Sy het gesê: “Daar was geen kwarantyn op die skip nie, asook geen positiewe gevalle op die skip of na die tyd nie.”
Volgens haar is passasiers wat onlangs na hoë risiko lande gereis het, asook persone met koors nie op die boot toegelaat nie.
Beste leser,
As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende Covid-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.
Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.
Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.



