Local newsNews

Martin Swart van Secunda sit hand by in ouetehuis op Standerton

Met sy kennis van liefdadigheidsgroepe, het hy nie die Kosmos Aftree-oord se beroep op vrywilligersbystand verontagsaam nie.

’n Gekwalifiseerde ketelmaker van Secunda, mnr. Martin Swart, is al geruime tyd met gemeenskapswerk besig.

Hy is werkloos en help onder meer om skenkings van die publiek by die regte mense af te lewer.

Met sy kennis van liefdadigheidsgroepe, het hy nie die Kosmos Aftree-oord se beroep op vrywilligersbystand verontagsaam nie.

Foto verskaf.

Martin en sy verloofde, me. Mariaan van Zyl, het ‘n spannetjie van sewe kinders.

“Ek het my kinders geleer om selfs hul spaargeld te gebruik om ’n brood vir ’n hawelose te koop,” het Martin gesê.

Hy het op Dinsdag 31 Maart uit Secunda na Standerton vertrek.

“Ek sit dan net by die huis en niksdoen en help waar ek kan,” het hy mee afgesluit.

Foto verskaf.

Lees ook: Kosmos Aftree-oord benodig dringend twee opgeleide verpleegpersoneel

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button