Local newsNews

Wat doen VLU-vroue by die huis gedurende die 21 dae inperking?

Die Ridge Times het vroue van die Secunda- en Kinross VLU-takke gevra watter kreatiewe dinge hulle doen om hulself besig te hou gedurende die 21 dae inperking.

Die Ridge Times het vroue van die Secunda- en Kinross VLU-takke gevra watter kreatiewe dinge hulle doen om hulself besig te hou gedurende die 21 dae inperking.

Me. Annemarie Kruppa het vir die eerste keer al haar familielede se bedsokkies klaar gebrei voordat die winter hier is.

Me. Sophie Hugo het 35 maskers uit materiaal gesny wat sy wil klaarmaak dié week sodat sy dit kan skenk aan mense wat dit nodig het.

Dié maskers kan gewas en weer gebruik word.

Me. Maryna Hartman en van die ander VLU-lede hekel en brei ook gesigmaskers.

Me. Hartman het spesifiek een met ’n prentjie op vir haar kleindogter, Christelle Louw, gehekel.

Me. Elbie Wessels gebruik dié tyd om te skilder.

Me. Hannie van Niekerk maak huis skoon en brei ’n poncho.

Me. Thea Potgieter haal huiswerk in en maak vir ’n verandering kos uit haar resepteboeke omdat sy nou tyd het vir dit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button