Local newsNews

Yoné Uys het maskers vir die gemeenskap gemaak

Yolanda het aanvanklik die patrone gekry, maar Yoné het haar eie patroon ontwerp en teen 24 Maart is reeds 424 maskers gemaak.

’n 16-jarige skooldogter van Hoërskool Standerton, Yoné Uys, het begin maskers maak nadat die koronavirus se implikasies die gemeenskap getref het.

“Dit het so vinnig verkoop as wat sy dit kon maak,” het haar ma, me. Yolanda Uys, gesê.

Haar meisiekind het skouer aan die wiel gesit, of meer korrek, die naaimasjienwiel laat draai om in die aanvraag te voorsien.

Yolanda het aanvanklik die patrone gekry, maar Yoné het haar eie patroon ontwerp en teen 24 Maart is reeds 424 maskers gemaak.

Ma het ook ingespring om te help om die materiaal te sny.

Yoné het dit vir sakgeld gedoen en kon nie voorbly nie.

Yoné Uys van Standerton het maskers vir die gemeenskap gemaak om sakgeld te verdien. (Foto: Verskaf)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button