Helpende Hand moedig mense aan om nou kaste reg te pak
Helpende Hand het onlangs hande geneem met klerekas.com om saam ’n veldtog van stapel te stuur om iets positiefs en iets vir liefdadigheid te doen gedurende die Covid-19 pandemie. “Die idee is om die gemeenskap te vra dat as hulle gedurende die inperking besluit om klerekaste reg te pak, hulle asseblief die klere eenkant bewaar en ná die inperking by hul naaste Helpende Hand-welsynswinkels, genaamd Ons Winkels, te skenk,” het me. Roux gesê.
HOëVELD – Die organisasie, Helpende Hand het mense aangemoedig om tydens die 21 dae van inperking die tyd te gebruik om hul kaste reg te pak en van alle ou klere en oortollige huis- en motorhuisware ontslae te raak deur dit vir liefdadigheid te skenk.
Me. René Roux, Solidariteit Helpende Hand se adjunk-uitvoerende hoof van kommunikasie, het gesê inwoners kan hierdier in ’n moeilike tyd ’n goeie taak verrig waarby nie net jou huishouding sal baat nie, maar jy kan ook ’n verskil in behoeftige mense se lewens maak.
Helpende Hand bied inwoners ook die kans om ’n geskenkbewys van R1 500 te wen as jy nuwe klere op die onderneming, www.klerekas.com se webwerf koop.
Helpende Hand het onlangs hande geneem met klerekas.com om saam ’n veldtog van stapel te stuur om iets positiefs en iets vir liefdadigheid te doen gedurende die Covid-19 pandemie.
“Die idee is om die gemeenskap te vra dat as hulle gedurende die inperking besluit om klerekaste reg te pak, hulle asseblief die klere eenkant bewaar en ná die inperking by hul naaste Helpende Hand-welsynswinkels, genaamd Ons Winkels, te skenk,” het me. Roux gesê.
Lees ook: Helpende Hand maan gemeenskap om nie van bejaardes te vergeet tydens inperking
“Daar kan ook ná die inperking met die onderskeie Ons Winkels gereël word dat die klere en huisware by die inwoners se huise opgelaai word.”
Secunda het vroeër vanjaar ’n Ons Winkel op Secunda oopgemaak.
Dit is in die sentrale sakekern geleë oorkant die Moove gimnasium.
Die doel van Ons Winkel is om skenkings vanuit die gemeenskap te ontvang en dit te verkoop.
Die opbrengs van die verkope gaan aan ’n fonds wat behoeftiges ondersteun en rentevrye studielenings aan studente bied.
Inwoners is welkom om hul klere, kombuisware, speelgoed, elektriese toerusting, meubels en linne wat hulle nie meer wil hê nie, ná die inperking na Ons Winkel te neem of skakel me. Alta Bezuidenhout, Ons Winkel op Secunda se eienaar, by 082 826 5228.
Die kompetisie vir die R1 500-koopbewys eindig die dag as die inperking gelig word.
Om vir dié kompetisie in te skryf, besoek Helpende Hand en Klerekas.com se Facbook-blaaie, druk die ‘like’-knoppie, die deel die plasing van die kompetsie en ‘tag’ drie vriende in die kommentaar-boks.
Lees ook: Solidariteit hou gesamentlike Helpmekaar-dag



