CrimeNews

Diewe steel skootrekenaar uit huis op Bethal

Mnr. Du Plessis woon in Springbokstraat op Bethal en het gesê sy vrou en een kind was winkel toe, terwyl hy en die ander kinders in die binnehof gespeel het.

Diewe het vanmiddag tussen 2nm en 4nm mnr. Charl du Plessis se skootrekenaar uit sy studeerkamer gesteel.

Mnr. Du Plessis woon in Springbokstraat op Bethal en het gesê sy vrou en een kind was winkel toe, terwyl hy en die ander kinders in die binnehof gespeel het.

“Hulle moes dit gesteel het terwyl ons in die binnehof was, want die motorhuis se deur was oop,” het mnr. Du Plessis gesê.

Toe hy later in die studeerkamer gekom het, het hy gesien sy skootrekenaar is weg.

Hy het die diefstal by die polisie en gemeenskapspolisiëringsforum aangemeld.

Also read: Covid-19: Police arrest people for not complying with lockdown rules in eMzinoni

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button