Mnr. Lian Muller van die plaas Rietspruit tussen Morgenzon en Standerton, het vanoggend 30 April op die gesig van die pense, koppe en bene van 22 van sy skape afgekom.
Volgens mnr. Fanie Rothman van Kasselman Veiligheidsdienste (KVD) wat tans op die toneel is, het mense wat op die Joubertvlei-grondpad gery het, alarm gemaak.
Volgens inligting, is diere uit ’n kraal tot by die grondpad gejaag. Bethal se veediefstaleenheid is ook op die toneel om DNS-monsters te neem.
“Die voorval het vermoedelik tussen 7nm gisteraand en 6vm vanoggend gebeur,” het mnr. Rothman gesê.
KVD het omstreeks 8vm op die plaas opgedaag. Mnr. Rothman het aan die Standerton Advertiser gesê dat die skade, na sy gesprek met die die boer se vrou, sowat R50 000 beloop.




