Local newsNews

Ermelo Fotoklub kondig April-wenners aan

Mnr. George Prinsloo se foto, A new day, is as 4-Ster wenner aangewys en mnr. Leon Drotsky se foto, Kubu night, het die 5-Ster afdeling gewen.

Met die afsonderingstydperk wat steeds Ermelo Fotoklub verhinder om hul maandelikse byeenkoms soos gewoonlik voort te sit, is lede se foto’s weereens elektroniese beoordeel.

Fotograwe se foto’s is aan mnr. Jannes Drotsky van Bethal Fotoklub, vir beoordeling gestuur.

Mnr. Drotsky het leersame kommentaar aan elke fotograaf deurgegee en die inskrywings as pragtige foto’s beskryf.

Die klub bied die geleentheid aan beginnerfotograwe om by ander te leer en hul vaardighede te verbeter.

Maanddeliks kry fotograwe die geleentheid om drie foto’s in die ope-afdeling en een foto in die vasgestelde onderwerp-afdeling in te skryf.

Die vasgestelde onderwerp vir vandeesmaand was “Sport”.

Mnr Jacques Kruger het die junior-afdeling met sy foto, Muddy, gewen en mnr. Jan van Niekerk se foto, Vans branderplank, het die seniorafdeling gewen.

In die ope-afdeling is mnr. Petrus Myburgh se foto, Staan bietjie stil, as die 1-Ster wenner aangewys, me. Elzaan Myburgh se foto, Spreeu, het die 2-ster afdeling gewen en mnr. Jacques Kruger se foto, King, is as die wenner in die 3-Ster afdeling aangewys.

Mnr. Kruger se foto is ook as die algehele junior-wenner aangewys.

Mnr. George Prinsloo se foto, A new day, is as 4-Ster wenner aangewys en mnr. Leon Drotsky se foto, Kubu night, het die 5-Ster afdeling gewen.

Mnr. Drotsky se foto is ook as die algehele senior-wenner aangewys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button