{OPVOLG} – Daniel se toestand verswak, ouers smeek vir gebed
"Hulle het probeer om die longdreinering uit te haal, maar moes dit terugsit omdat sy longe dit nie kon hanteer het nie, "

ERMELO – Daniel Kerswell, wie op 5 September tydens ’n fratsongeluk by hul huis raakgery is, se toestand het skielik verswak.
Sy ma, me. Danelle Kerswell het op ‘n gebedsgroep wat op facebook vir Daniel geskep is, gevra dat mense asseblief vir haar seun moet bid.
Daniel is steeds onder verdowing in Steve Biko Hospitaal in Pretoria.
“Hulle het probeer om die longdreinering uit te haal, maar moes dit terug sit omdat sy longe dit nie kon hanteer het nie, ” het me. Kerswell op die groep gedeel.
Klein Daniel het ook begin stuiptrekkings kry, en verdere CT-skanderings is gedoen om te bepaal wat dit veroorsaak.
“Ons harte is in stukke.”
Verskeie instansies is met geldinsamelings besig en ’n Trustrekening is by Pas Prokereurs geopen waarin geld inbetaal kan word vir Daniel se mediese-uitgawes.
Geld kan inbetaal word by die rekening:
Pieter Stofberg Ingelyf, Trust Trustrekening, FNB Ermelo, Takkode; 270344, Rekeningnommer: 62092150326, Verwysing: KER3/1



