Ligbron kondig weeg-en-wen wenners aan
Die boere was dit eens dat hierdie seisoen ’n buitengewoon hoë opbrengs gelewer het en onder die professionele leiding van mnr. Neels van der Schyff en mnr. Carl Jacobsz van Omnia, is die wenners bepaal en aangekondig.

ERMELO – Ligbron Akademie vir Tegnologie se Old Boys and Beautiful Girls (OBBG) Weeg-en-Wen-Mielieprojek is op 8 Oktober 2020 deur mnr. Erhard Prinsloo geloods.
Dié projek het die organiseerders se wildste drome oortref.
Verskeie boere van die omgewing het aan hierdie projek deelgeneem.
Die gala-aand is op Donderdag 2 September by Kralinbergh Gastehuis aangebied.
Bekende gaskunstenaar, me. Nadine Blom en Ermelo se eie musiekkenner mnr. Andrew Roos het die gaste vermaak.
Die boere was dit eens dat hierdie seisoen ’n buitengewoon hoë opbrengs gelewer het en onder die professionele leiding van mnr. Neels van der Schyff en mnr. Carl Jacobsz van Omnia, is die wenners bepaal en aangekondig.
Die vier boere met die hoogste opbrengs per hektaar is beloon.
Mnre. Christiaan Paul en Ruan Paul van KRC Farming het die eerste en tweede plek ontvang.
Hulle het gesamentlik prysgeld ter waarde van R250 000, wat deur Ligbron OBBG geskenk is, ontvang.
Mnr Johan van Niekerk, het derde geëindig en het ’n grassnyer geborg deur Agri Benodighede, ontvang.
Die vierde plek, het aan mnr. Fanus Stapelberg gegaan.

Hy het ’n Omnia presisieboerderyontledings ter waarde van R40 000 ontvang.
Elkeen van die ander deelnemers het ’n sakkie Dekalb Monsanto-saad ontvang.
Ligbron OBBG het elkeen wat deel was van die projek vir hul ondersteuning bedank.
Die kwaliteit en sukses van so ‘n wenprojek is nie haalbaar sonder die insette van ons getroue borge nie.
Ligbron het die volgende borge: ETG, Pannar, Oosvaal Landbou, MBFi, Villa, Omnia, Monsanto, FPS Bulk en Agri Benodighede.




