News

Help só jou hond wat gif ingekry het

Jy moet steeds jou hond so gou moontlik by die veearts kry.

Streeknuus het onlangs met Wetnose op Bronkhorstspruit gesels oor die toename in hondevergiftiging in die gebied en wat om te doen as jou hond gif ingekry het.

Hierdie tyd van die jaar tot net ná Nuwejaar is die mees algemene tyd wanneer honde deurloop.

Dit gaan gewoonlik met ’n toename in inbrake en diefstal gepaard.

Die mees algemene gifstowwe wat kriminele gebruik om diere te vergiftig, is organofosfate, carbamate en 2-step.

Neem die volgende stappe as jy vermoed ’n hond is vergiftig.

• 1 Induseer braking deur 10ml, 3% waterstof peroksied (hydrogen peroxide) in die hond se bek te spuit. Moet die dosis nie sterker maak nie, want dit kan giftig wees en meer skade aanrig.
Herhaal dieselfde dosis 15 minute later as die dier geen reaksie toon nie, as die hond baie gif opbring of as daar nog baie gif in die braaksel teenwoording is.
• Gee die hond geaktiveerde houtskool (activated charcoal) in om die oorblewende gifstof in die maag te bind.Hierdie is slegs noodhulp-raad om tyd te koop totdat die hond by die naaste veearts uitkom.
Dit is krities dat, as die hond enigsins naar lyk, kwyl, lippe lek, van balans af is, en die oogpupille groter of kleiner is as normaal is, die hond dadelik na die veearts geneem word.
Die waterstof peroksied en die geaktiveerde houskool is bekombaar by meeste apteke.

Wetnose beveel aan dat honde in die aande eerder binne in ’n veilige slaap waar boewe nie toegangklikheid het tot hulle nie. Voorkoming is beter as genesing. Indien jy vermoed jou hond is vergiftig, kan Wetnose se kliniek geskakel word op 013 932 3941, maar na uurs is die beste om Valley Farm Animal Hospitaal te skakel wat 24 uur oop is op 012 991 3573.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button