Local newsNews

Riffies kry nuwe hoof

Faan Beeslaar is gereed om sy gemeenskap te dien.

Faan Beeslaar het in Januarie die leisels oorgeneem as die nuwe hoof van die CVO skool, Volkskool Bethal, beter bekend as Privaatskool Hoëveldrif.

Beeslaar het al by verskeie skole as skoolhoof en adjunkhoof gewerk en tot onlangs was hy die hoof by Vereeniging Gimnasium.

Hy het in Johannesburg grootgeword en na skool onderwys gaan studeer by die Noord-Wes Universiteit op Potchefstroom.

Sy vrou en al drie die egpaar se kinders het ook ’n loopbaan in die onderwys gevolg. Beeslaar kan vlot Zoeloe praat en het dit ook al as vak aangebied.

Sy visie vir Privaatskool Hoëveldrif is om aan die behoefte van ouers te voorsien as dit by hul kinders se opvoeding kom.

“Ons moet nuut dink om aan te pas by nuwe uitdagings van ’n gekompliseerde samelewing,” het Beeslaar gesê.

Een van sy drome vir Privaatskool Hoëveldrif is om, veral by die junior leerders, rekenaartegnologie aan te bied om sodoende leesvaardigheid en wiskunde te bevorder.

“Die skool se beginsel is om volkseie en Afrikaanse onderrig aan te bied en om goeie akademiese prestasies te behaal.”

Beeslaar is gereed om die gemeenskap van Bethal te dien. Hy het gesê hy voel welkom sedert hy op Bethal begin het.

“Die mense hier is vriendelik, gasvry, eerlik en opreg. Ek glo enige plek is wat jy daarvan maak.”

In sy vrye tyd versamel Beeslaar modelkarretjies en hy bestee graag tyd saam met sy familie, wat sewe kleinkinders insluit.



LEES OOK: Two die in mob justice incidents in eMbalenhle

LEES OOK: Helpende Hand op Bronkhorstspruit wil kwesbares beskerm

Related Articles

 
Back to top button