Local newsNewsStreeknuus

AfriForum se Bronkhorstspruit-tak deel in nasionale patrollie

Lede het die dorp en ook die N4-snelweg gepatroleer.

AfriForum se tak op Bronkhorstspruit het ook op 19 April aan die organisasie se nasionale patrollie deelgeneem.
Dié patrollie het deur die nag plaasgevind.

Die sowat 20 lede het eers by die AfriForum kantoor op Bronkhorstspruit vergader om die planne vir die patrollie te bespreek.

Deelnemers het omstreeks 19:00 vanaf die kantoor in ses voertuie vertrek. Die sentrale sakekern en die woonbuurte van Erasmus, Masada en Riamar Park is gepatroleer.

Daarna het die groepe weer by die kruising van die R568 bymekaargekom. Hulle het vanaf daar vertrek na die N4 waar hulle die hoofweg tussen Bronkhorstspruit na die Diamond Hill tolhek aangepak het.

By die tolhelk is daar omgedraai en in ’n oostelike rigting na die grens tussen Mpumalanga en Gauteng gery.

“Die N4 was gepatroleer omdat rowers die afgelope paar weke motors met padspykers beskadig het en dan die motoriste beroof het,” het Magda Lewis, voorsitter van die AfriForum Bronkhorstspruit gesê.



LEES OOK: Residents shocked by the neglect in Bronkhorstspruit

LEES OOK: Sjarmante Karel en Stompie van Standerton kruip diep in harte

Related Articles

 
Back to top button