Local newsNewsSchoolsStreeknuus

Dellies hokkie-bokkies draf teen Stoffberg uit

Dellies en Stoffberg se eerste spanne het gelykop geëindig met twee doele elk.

Met die hokkieseisoen goed op dreef het Hoërskool Delmas se hokkiespanne teen dié van Hoërskool Stoffberg van Brakpan op die veld gedraf.

Die wedstryde het op 2 Mei op die tuisveld van Hoërskool Delmas plaasgevind. Na afloop van die wedstryde het die uitslae soos volg daar uitgesien:

Dellies en Stoffberg se eerste spanne het gelykop met 2-2 geëindig. Die tweede span het verloor en kon geen doele aanteken nie, terwyl Stoffberg twee doele geslaan het.

Die o16-span het 2-1 gewen, die o15-span het 1-0 gewen en die o14-span het 2-0 verloor.

Die spelers van die wedstryd was Thando Koza vir die o14-span, Elshenique du Preez vir die o15-span, en Judith van Heerden vir die o16-span.

Die tweede span speler van die wedstryd was as Karabo Matlou en vir die eerste span het Aphelele Nhlovu die kroon gedra.


Related Articles

 
Back to top button