CrimeLocal newsNewsStreeknuus

AfriForum se Delmas Valke-buurtwag skrik nie vir misdaad

“Die lede word op ’n daaglikse basis aan verskeie hoë prioriteitsmisdade blootgestel.”

AfriForum Delmas Valke Buurtwag spog met drie nuwe koeëlvaste baadjies vir die beveiliging van die lede in hul pogings om misdaad die hoof te bied.

Volgens AfriForum was hierdie toerusting op 29 April vir lede aangekoop wat die gevorderde protospan opleiding voltooi het.

Hierdie lede word op ’n daaglikse basis aan verskeie hoë prioriteitsmisdade blootgestel.

“Net in April is daar twee diesel tenkwaens, ’n Isuzu vragmotor en ’n Toyota Prado teruggevind. Al dié voertuie was gekaap,” het Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir die Hoëveld, gesê.

Volgens Bekker het die lede verder ook vyf inhegtenisnames uitgevoer wat met diefstalsake verband hou.

“Ons dorp se veiligheid is baie belangrik en vir daardie rede het ons die lede vir opleiding gestuur en beplan ons om binnekort nog lede te stuur.

“Met die gespesialiseerde opleiding en die regte toerusting kan ons beskerming vir ons gemeenskap opskerp,” Carel Botha, voorsitter van AfriForum Delmas-tak, gesê.

Inwoners word versoek om AfriForum in die Delmas omgewing te ondersteun. Besoek www.wordlid.co.za of skakel Carel Botha by 082 925 5849.



LEES OOK: Klassieke herfsklanke vermaak gaste by Laerskool Eloff

LEES OOK: Vermeende kapers in hul spore gestuit tydens Operasie Shanela

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button