Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Delmas Phoenix behaal nog ’n oorwinning op tuisgrond

Met die blaas van die eindfluitjie was die telling 24-8 in die guns van Phoenix.

Delmas Phoeix rugbyspan het op 8 Junie teen dié van Oos-Rand Polisie by Hoërskool Delmas te staan gekom.

Met die blaas van die eindfluitjie was die telling 24-8 in die guns van Phoenix. Volgens Phoenix se afrigter, Jandré Senekal het die span ’n blaaskans die eerskomende naweek.

“Met die langnaweek wat voorlê is die belangrikste vir ons span om gefokus te bly en nie te laat slaplê nie,” het Senekal gesê.

Phoenix se volgende wedstryd is op 22 Junie, weer op hul tuisveld by Hoërskool Delmas wanneer hulle teen die span van Tsakane te staan sal kom.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button