Barney Lategan gee die bal af.
Delmas Rolbalklub se lede rol steeds in die onderskeie kampioenskap afdelings en op 27 Julie het daar weer twee kampioenskap eindstryde plaasgevind.
Die twee swaers, Barney Lategan en Michael Snyman, het mekaar om 10:30 in die eindstryd van die mans beginner enkels klubkampioenskap gepak.
Die wedstryd was kop aan kop, maar teen die laaste kop het Snyman vir Lategan met 21-20 geklop en is hy as die kampioen vir 2024 gekroon.
Tydens die vroue beginner enkels klubkampioenskap het Hanri Ehlers en Antonita Stevens om 14:00 teen mekaar gespeel.
ALSO READ: eMbalenhle residents fight illegal dumping
Teen die einde van die 20 koppe het Ehlers as kampioen uit die stryd getree met 21-6.
Tussenin het die klub ook ’n ‘drive shootout’ kompetisie gehou, waaraan verskeie van die klub se spelers deelgeneem het.
Douglas Cobbledick was die wenner van dié vurige en kragtige dryfkompetisie.
Nog klubkampioenskap wedstryde word in die nabye toekoms by die Delmas Rolbalklub beklink. Hou Streeknuus dop vir meer uitslae.
Hanri Ehlers is gekroon as Delmas Rolbalklub se vroue enkels beginner kampioen vir 2024.
Michael Snyman in aksie tydens Delmas Rolbalklub se mans enkels beginner kampioenskap vir 2024.
Antonita Stevens ding mee in Delmas Rolbalklub se vroue enkels beginner kampioenskap van 2024.
Antonita Stevens in aksie tydens Delmas Rolbalklub se kampioenskap wedstryd.
Barney Lategan en Michael Snyman tydens die mans enkels beginner kampioenskap op Delmas.
Delmas Rolbalklub se vroue enkels beginner kampioen vir 2024 is Hanri Ehlers.
Michael Snyman in aksie tydens Delmas Rolbalklub se mans enkels beginner kampioenskap vir 2024.
Delmas Rolbalklub se twee finaliste tydens die vroue enkels beginner kampioenskap, Antonita Stevens en Hanri Ehlers.
Barney Lategan wens vir Michael Snyman geluk nadat Snyman as Delmas Rolbalklub se mans enkels beginner kampioen gekroon is.
Donovan Greyling, Michael Snyman en Barney Lategan maak seker tydens die kampioenskap by die Delmas Rolbalklub.
Gelukwense tussen die swaers Barney Lategan en Michael Snyman, na afloop van die kampioenskap.
Antonita Stevens.
Hanri Ehlers rol tydens die vroue enkels beginner kampioenskap by die Delmas Rolbalklub.
Michael Snyman neem deel aan die mans enkels beginner kampioenskap op Delmas.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!