Local newsNews

SA Cares maak winkel oop in Cullinan

Hulle het vanaf 31 Julie tot 1 Augustus 'n groot geldinsameling gehou om donasies in te samel vir die winkel.

SA Cares for Life maak ’n nuwe winkel oop in middel Augustus in Oak Laan 109 in Cullinan waar hulle al hul produkte gaan verkoop.

Hulle het vanaf 31 Julie tot 1 Augustus ‘n groot geldinsameling gehou om donasies in te samel vir die winkel.

Hulle het verskeie items verkoop soos babaklere, vroueklere, komberse asook houtprodukte.

Michael Joubert, ‘n lid van SA Cares het gesê, “Ek wil almal bedank wat ons gehelp het met die fondsinsameling.


LEES OOK: AfriForum en boere gee meer as 1 miljoen liter water aan Bethal-inwoners


Dit het ‘n verskil gemaak.

“Koop een van ons produkte gemaak deur een van ons manne, dit is ‘n belegging in die toekoms en die lewe van ‘n mens.

“Ons glo daarin om in ‘n lewe te belê, nie om vir liefdadigheid te skenk nie.”

As enigiemand meer inligting benodig kontak gerus vir Michael Joubert op 072 594 3998.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button