Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Cullinan kraai koning in eindstryd

Cullinan het die Harlequins met 20-10 geklop.

Cullinan Rugbyklub het op 24 Augustus die Harlequins in die liga-eindstryd geklop. Die wedstryd was op Cullinan se tuisveld beslis en het met ’n eindtelling van 20-10 geëindig.

Die manne van die wedstryd was Jaco Beneke as die voorspeler en Wynand Visser as agterspeler.

André van der Merwe, Cullinan se hoofafrigter het gesê die manne het die hele seisoen hul harte uitgespeel en hulle verdien hierdie oorwinning.

Die puntemakers van die wedstryd was Ruben Behrens, Markus von Loggerenberg, Emile Agenbag en Tersius Purvis.

“Dit was ’n harde wedstryd, maar albei die spanne het geskitter,” het Van der Merwe gesê.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button