Local newsNews

Fotograwe skryf beste fotos in

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 1 November by te woon.

Lede van die Hoëveld Fotografieklub het op 4 Oktober vergader en hul beste foto’s ingeskryf.

Die beoordelaar vir die aand was Peter Cavanagh van Middelburg en die voorgeskrewe onderwerp vir Oktober was Skaduwees.

Danie Smit het die best foto in dié afdeling geneem en ook ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Alhambra Staircase Ghost, ontvang.

Smit het ook sertifikate van meriete vir sy foto’s, Juvenile Buffalo, in die natuurafdeling, en Valencia in die landskapafdeling, ontvang.

Sussa Pelser was die beste fotograaf onder die senior fotograwe met haar foto, Why are you Crying in die pikturale afdeling.

Sy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang. Anzette Snyders was die beste fotograaf onder die junior fotograwe met haar foto, Silo, in die fotojoernalistieke afdeling.


Danie Smit het die beste foto in die voorgeskrewe onderwerpafdeling geneem en ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Alhambra Staircase Ghost, ontvang.

Sy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang. Snyders het ook sertifikate van meriete vir haar ander foto’s, Spun, in die pikturale afdeling en Contemporary Art, in die fotojoernalistieke afdeling, ontvang.

Die ander fotograwe wat sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het, is Yolande Pieterson vir haar foto’s, Save Landing, en Think Pink, beide in die natuurvoëlsafdeling, Blue Moon, in die pikturale afdeling, Flying High in die fotojoernalistieke afdeling en Umbrella Shadow in die voorgeskrewe onderwerpafdeling, Johan Viljoen vir sy foto, Op Vlerke, in die natuurvoëlsafdeling, Louis van der Walt vir sy foto’s, Wolfberg Arch View in die landskapafdeling en Eye of the Villain1 in die tweekleurige foto-afdeling, Lorraine Botha vir haar foto, Vilage Street Theatre in Doura Valley in die fotojoernalistieke afdeling en dr. Leon Pelser vir sy foto’s, Road Through Canola Field, en Canola Vlaktes, beide in die landskapafdeling, Mamba in die natuurafdeling en Rastafari in die pikturale afdeling.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende vergadering is op 1 November om 18:00 vir 18:30 in die Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub.

Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon. Vir meer inligting, skakel Hanno de Beer by 071 365 6440.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button