Local newsLocal sportNews

Bethaller blink uit op atletiekveld

Meesters-atleet berei nou voor vir internasionale byeenkoms.

BETHAL – Plaaslike atleet en inwoner van Palm-oord leefstylsentrum vir bejaardes, John Aspeling (63) bereik steeds nuwe hoogtes in sy atletiekloopbaan.

Aspeling het op 19 Oktober, as deel van die Noord-Gautengse atletiekspan, aan die Suidwestelike Distrikte Meesters Atletiekbyeenkoms op Oudtshoorn deelgeneem en presteer.

Hy het vyf goue medaljes vir spiesgooi, gewigstoot, diskus, hamergooi en massagooi ingepalm.

Aspeling berei tans voor om volgende jaar aan die Wêreld Meesters Atletiekbyeenkoms in Amerika te gaan deelneem.

Hy het verlede jaar ook verskeie medaljes ingepalm by verskillende atletiekbyeenkomste. Aspeling het die hoof van Hoërskool Hoogenhout bedank vir die vergunning dat hy op hulle atletiekveld kan oefen.



LEES OOK: First responders keep Standerton safe

LEES OOK: Neighbourhood watch assists in accidents

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button