Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Cullinan Rugbyklub skop liga op hoë noot af

Met die blaas van die eindfluitjie het die span van Cullinan met ’n wen van 34-5 teen Brits van die veld afgestap.

Die Cullinan Rugbyklub het op 29 Maart teen die span van Brits in hul eerste ligawedstryd van die seisoen te staan gekom.

Die wedstryd het op 29 Maart in Brits plaasgevind. Die spanne wat in die Blou Bulle Rugbyunie reserwebeker liga meeding, het mekaar behoorlik die stryd aangesê, maar met die blaas van die eindfluitjie het die span van Cullinan met ’n wen van 34-5 van die veld afgestap.

Puntemakers tydens die wedstryd was Vincent Marucchi, Leon van Rooyen, Ruben Behrens en Willem Minny. Spelers van die wedstryd was die voorspeler Jacques Oosthuizen en die agterspeler Ruben Behrens.

Volgens Cullies se afrigter en klubvoorsitter, André van der Merwe, is hulle dankbaar vir dié wen in hul eerste wedstryd van die seisoen. Cullies se volgende wedstryd sal op 5 April teen die Knights Rugbyklub in Pretoria plaasvind.




ALSO READ: Sasol Ringbal spanne byt in die stof

ALSO READ: Phoenix klop Heidelberg in vriendskaplike wedstryd

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button