Kalies vaar uitstekend in Lekwa Skaakkampioenskap
10 leerders het na die volgende ronde deurgedring
Laerskool Kalie de Haas het op 10 Mei aan die Lekwa Skaakkampioenskap deelgeneem. Die leerders het goed gevaar en 10 leerders het na die volgende ronde deurgedring.
Mikayal Havenaar, Retha Kruger en Melokuhle Nhlapo het die top drie hoogste punte verwerf in die o9-kategorie.
In die o9-klas het Kiara Naidoo, Zane Gouws, Hardus Fritz en Christopher White na die volgende ronde deurgedring.
In die o11-klas het Zandri Buitendag die derde hoogste punte vir die dag behaal. Chanel Buitendag het na die volgende ronde deurgedring.
In die o13-kategorie het Heinrich Buitendag die vierde hoogste puntetelling verkry en het na die volgende ronde deurgedring.
LEES OOK: Standerton Town Hall is in abysmal state
LEES OOK: Councillors tackle Standerton’s deteriorating town hall




