Local newsNews

Hanna Foundation se verteenwoordiger praat met Kinross VLU-vroue

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 14 Augustus by te woon.

Vroue van die VLU Kinross-tak het op 12 Junie by die Evanderklub vergader, waar Debbie Smith van die Hanna Foundation, wat na behoeftiges uitreik, die vroue toegespreek het.

Smith het vertel van die welwillendheidswerk wat sy in Leandra en in Pretoria doen, deur vir behoeftige gesinne kospakkies in te samel en af te lewer.

Die VLU-vroue het as deel van hul handsakprojek handsakke aan Smith oorhandig. Hulle het dié handsakke versamel en met toiletware gevul vir vroue in nood.

Enigiemand wat Smith se werk deur die Hanna Foundation wil ondersteun, kan haar by 079 692 8598 skakel.

Belangstellendes is welkom om die volgende vergadering van VLU Kinross-tak op 14 Augustus om 09:30 by die Evanderklub by te woon.

Vir meer inligting, skakel Fiona Viljoen by 072 158 4072.



LEES OOK: Standerton neem aan nasionale patrollie deel

LEES OOK: Oud Kriel-inwoner bereik nuwe hoogtes in Amerikaanse netbalsirkels

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button