Local newsNews

Oudioloog spreek bejaardes toe in Trichardt

Oudioloog sê oefening is steeds belangrik al is mens ouer.

Die oudioloog en spraakterapeut Danile Neethling het op 9 Julie die inwoners van die Terra Nova Aftree-oord toegespreek oor die risiko’s wat val-insidente vir bejaardes inhou. Neethling het verduidelik dat die risiko om te val nou verband hou met gehoor en die funksionering van die binneoor.

“Die eerste groot impak van ’n val is fisiese pyn en trauma,” het sy gesê. “Om te val het nie net ’n fisiese invloed nie, maar dit het ook ’n groot emosionele impak. Jy raak bang.”

Sy het bygevoeg dat bejaardes dikwels ná ’n val na ’n ouetehuis of versorgingseenheid moet verhuis.

“Hulle is dan geneig om meer te sit en minder te beweeg. Dit lei tot spierverswakking, wat weer die risiko om te val verhoog.”

Volgens Neethling is daar verskeie faktore wat die kans op ’n val verhoog, insluitend die gebruik van meer as vier tipes chroniese medikasie.

“Die interaksie tussen verskillende medisyne kan daartoe lei dat jy duiselig raak,” het sy verduidelik.

Sy het praktiese wenke gedeel om die risiko van valle te verminder: Vermy om op ongelyke oppervlaktes te loop; Moenie op ’n leer of stoel klim nie.

Vra eerder vir hulp; Verseker daar is voldoende en goeie beligting in en om die huis; Dra geskikte skoene en hou vloere vry van voorwerpe waaroor jy kan struikel.

Neethling het ook die belangrikheid van goeie gehoor beklemtoon. “As jy vermoed jy het gehoorprobleme, besoek ’n oudioloog. Dit kan jou balans beïnvloed,” het sy gesê.

Aan die einde van haar aanbieding het sy oefeninge gedemonstreer wat die inwoners kan doen om hul algemene gesondheid en balans te verbeter. Sommige inwoners het vrywillig deelgeneem aan die praktiese demonstrasie.



LEES OOK: Community mourns loss of beloved pastor from Standerton

LEES OOK: The lack of repairs on roads by GMM in Evander is a growing concern for residents

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button