Local newsNews

Vrou van Secunda skryf self-help-boek oor entrepreneurskap

Janine van Wyk wil ander vroue aanmoedig om hul drome as entrepreneurs na te jaag.

Janine van Wyk (40) het ’n groot stap geneem en uit haar gemaksone geklim toe sy in Januarie vanjaar bedank het.

Van Wyk het in die menslike hulpbronne-afdeling gewerk, maar nog altyd daarvan gedroom om haar eie ding te doen en ’n entrepreneur te wees.

Dit is uit hierdie reis, wat haar eerste boek, I Resigned, Now What, gebore is.

Dié boek herinner vroue daaraan dat dit die moeite werd is om die eerste stap te neem om hul drome en ideale te verwesenlik, en dat dit vervullend is om dié drome te bereik.

Sy moedig vroue aan om nie agter ’n lessenaar gestrand te bly nie, maar om hul vaardighede as entrepreneurs te beoefen en na meer te streef.

Van Wyk het ná skool haar graad in gedragswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit verwerf en oor die jare vir groot maatskappye gewerk, terwyl sy ook ’n skoonheidsalon in Gauteng besit het.


LEES OOK: Correctional Services officials appointed to new positions in Bethal and Standerton


Dié salon moes egter sluit toe die Covid-19-pandemie die wêreld getref het, en Van Wyk het twee jaar gelede na Secunda verhuis.

Sy het nog altyd ’n passie vir entrepreneurskap gehad en al ’n boetiek vanaf haar huis bedryf. In die jaar waarin sy 40 word, het Van Wyk besluit om iets nuuts te doen en vanjaar begin om teologie te studeer.

Sy het ook ’n gastehuis geopen in 2023 en vanjaar as radio-omroeper by Radio Kragbron begin werk.

Van Wyk het nog altyd in drama belanggestel en al verskeie kursusse in dié rigting gedoen. Sy wil die platform van die radio gebruik om ’n verskil in haar gemeenskap te maak.

“Ek het ’n kopskuif gemaak en gedink in plaas daarvan om iets vir myself te doen, wat kan ek vir ander doen?” het Van Wyk gesê.

Haar boek is by Clayjars Boekwinkel by die Kruik Kerk, asook by verskeie aanlyn platforms wat Takealot en Amazon insluit, beskikbaar.

In haar vrye tyd geniet Van Wyk dit om te lees, liedjies te skryf of sy dink aan nog besigheids- en entrepreneurskap-idees.



LEES OOK: eMbalenhle family accuses municipality of mistreatment over electricity disconnection

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button