Vlytige vingers sluit teddiebrei-projek op Delmas af
Die groep vlytige vinger-inwoners van Delmas het dit eens dat, alhoewel hulle vir eers hul die breinaalde neerlê, dit nie die einde is nie.
Vroue van Delmas het onlangs hul teddiebrei-projek vir eers tot ’n halt geroep.
Die laaste van hul teddies, warm mussies en serpe ten bate van Rata Maatskaplike Dienste op Brakpan is op 13 Mei aan dr Martin van Rensburg, predikant van die Hervormde Kerk by die Malita Aftreeord op Delmas oorhandig.
Volgens die groep vrywillige teddie-breiers beplan hulle om Rata gedurende Augustus te besoek waartydens die teddies oorhandig sal word.
‘n Verdere bsoek aan Rata word ook vir Desember beplan.
Die groep vlytige vinger-inwoners van Delmas het dit eens dat, hoewel hulle vir eers hul die breinaalde neerlê, dit nie die einde is nie.
Hulle wag op ’n volgende projek en sien sommer baie daarna uit.
Elkeen wat skenkings gemaak het en bygedra het tot die sukses van die projek word opreg waardeer.




