Local newsStreeknuus

Delmas-tak herstel polisiestasie se hekmotor ná kommer oor veiligheid

“Dit is belangrik dat sleutelpunte, soos die polisiestasie, nie verder verval nie. Die polisiestasie is ’n baken van gemeenskapsveiligheid, daarom is dit nodig dat die perseel ook beveilig word,”

AfriForum Delmas-tak het vandeesweek broodnodige herstelwerk aan die hek by die hoofingang na Delmas Polisie gedoen.

Volgens die voorsitter van die tak, Carel Botha, was hy deur lede van die stasie gekontak oor die hek wat nie meer kon toemaak nie.

By vorige geleenthede het ontstoke lede van die publiek onregmatige toegang tot sekere dele van die polisiekantoor verkry.

Botha het gesê gemeenskapslede wat vermoedelik ontstig oor inhegtenisnemings op die dorp was, het na die polisistasie opgeruk om beswaar aan te teken.

“Die hek was al vir etlike maande buite werking, maar na die mees onlangse voorval waartydens ’n lid van die publiek onregmatige toegang tot die tronkselle verkry en ’n polisielid beseer is, moes on ‘n plan maak om die veiligheid van ons plaaslike polisielede te help verseker.”

Volgens Botha het hy van dié situasie te hore gekom en dadelik ingespring om die polisiestasie by te staan. Die tak het die herstelwerk behartig deur ’n plaaslike sakeonderneming te nader om die hekmotor te ondersoek en die nodige herstelwerk te doen.

“Dit is belangrik dat sleutelpunte, soos die polisiestasie, nie verder verval nie. Die polisiestasie is ’n baken van gemeenskapsveiligheid, daarom is dit nodig dat die perseel ook beveilig word,” het Botha verder gesê.

Botha het gevra dat indien lede van die gemeenskap ’n verskil in Delmas wil maak, dat hulle by die tak van AfriForum op Delmas betrokke sal raak.

Kontak Botha by 082 925 5849 of besoek www.wordlid.co.za vir meer inligting.



LEES OOK: eMbalenhle school awards teachers for hard work

LEES OOK: Sekuriteitsbeampte van die Delmas omgewing agter tralies vir beweerde moord

Related Articles

 
Back to top button