Local newsSchools

Volkskool op Bethal begin landbou-afdeling

Leerders kan nou landbouwetenskap as vak neem.

Die Volkskool Bethal het onlangs ’n landbou-afdeling begin. Dié afdeling is in Augustus verlede jaar amptelik gevier toe Basjan Venter, voorsitter van die skoolraad die gedenkplaat onthul het.

Die Volkskool Bethal se hoof, Faan Beeslaar, het gesê voedselsekerheid is die grootste uitdaging vir die toekoms.

“Ons is deeglik bewus daarvan dat ons van die gemeenskap afhanklik is om dié studierigting te kan implimenteer,” het Beeslaar gesê.

Sommige praktiese fasette van dié nuwe afdeling kan op die skoolterrein gedoen word terwyl ander instansies en boere by die proses betrek word vir ander fasette.


learners walk through a field of mielies
Leerders van die Volkskool Bethal loop tussen die mielielande. Foto: Verskaf.

Volgens Beeslaar is die Volkskool Bethal gegrond op Christelike volkseie beginsels en is deel van die gemeenskap se strewe na behoud van identiteit.

“Danksy bereidwillige medewerkers kon ons nie net geld vir die skool genereer nie, maar ook ’n derde van die wins aan Helpend Hand skenk.

“Die opbrengs van die landbouprojek word juis aangewend om die skool in ’n posisie te stel om deurentyd uitstekende akademiese standaarde te handhaaf.”



LEES OOK: AfriForum Buurtwagspan hou Secunda skoon

LEES OOK: Radio-omroeper van Secunda gekies as Mevrou Suid-Afrika finalis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button