SECUNDA – Die binnenshuise netballiga het verlede week weer by Lake Umuzi afgeskop en die Sublime-netbalspan het die Hot Rods geklop en 45 punte aangeteken.
Dié twee spanne het verlede Vrydag kragte gemeet.
Ander spanne wat verlede week hul staal gewys het, was die Purple Frogs, die Underdogs en die Stingers.
Die Purple Frogs het verlede Woensdag met die Disco Ninja’s kragte gemeet, die wedstryd gewen en 27 punte aangeteken.
Die Underdogs en die Aftershocks het ook Woensdag kragte gemeet en die Underdogs het gewen en 30 punte aangeteken.
Die Stingers het die Sapphires Vrydag uitgestof en 40 punte aangeteken.
Die spanne wat vandeesweek speel, is die Silent Assassins teen die Puss & Boots-netbalspan, die Underdogs teen die Hot Rods en die Intoxicated-netbalspan teen die Sublime-netbalspan.
Ondersteuners is welkom om na die wedstryde wat op Maandae, Woensdae en Vrydae om 6nm by Lake Umuzi plaasvind, te gaan kyk.
Vir meer inligting, skakel me. Adelle Grové by 072 262 4634.



