SECUNDA – Netbalspanne het verlede week aan die tweede week se binnenshuise netballiga by Lake Umuzi kragte gemeet.
Sublime het in totaal die meeste doele (62) aangeteken tydens hul wedstryd teen die Intoxicated-netbalspan wat 15 doele aangeteken het.
Die Silent Assassins het die Puss & Boots-span geklop en 42 doele aangeteken teenoor die Puss & Boots-span se 30 doele.
Die Underdogs het die Hot Rods geklop en het 38 doel aangeteken teenoor die Hot Rods se 27 doele.
Spanne ding vandeesweek verder mee en die spanne wat gaan speel, is Disco Ninjas teen die Silent Assassins, die Aftershock-span teen die Purple Frogs, die Intoxicated-span teen die Sapphires, die Puss & Boots-span teen die Aftershock-span, die Underdogs teen die Stingers en die Stingers teen die Sublime-span.
Toeskouers is welkom om dié wedstryde by te woon wat op Maandae, Woensdae en Vrydae vanaf 6nm tot 8nm by Lake Umuzi plaasvind.
Vir meer inligting, skakel me. Adelle Grové by 072 262 4634.



