SECUNDA – Netbalspelers het verlede week tydens die vierde week van die binnenshuise netballiga by Lake Umuzi kragte gemeet en die Silent Assassins het Woensdag, 26 Februarie die Hot Rods met ’n telling van 61-21 geklop.
Die Disco Niinja’s en die Stingers het ook dié aand kragte gemeet en die Stingers het die wedstryd met ’n telling van 39-18 gewen.
Die Aftershock-span en die Sapphires het Vrydag, 28 Februarie teen mekaar te staan gekom en die Aftershocks het die Sapphires met ’n telling van 49-22 geklop.
Die Puss & Boots-span het die Sublime-span met ’n telling van 47-25 geklop en die Purple Frogs het die Intoxicated-span met 43-28 geklop.
Die vyfde week van dié liga skop op 5 Maart af en die spanne wat dan gaan meeding, is die Underdogs teen die Silent Assassins en die Hot Rods teen die Sapphires.
Spanne wat op 7 Maart gaan meeding, is die Hot Rods teen die Disco Ninja’s en die Aftershock-span teen die Purple Frogs.
Toeskouers is welkom om te gaan kyk.
Vir meer inligting, skakel me. Adelle Grové by 072 262 4634.