Local sportSport

Sasol-stoeiers presteer

Plaaslike stoeiers spook dit uit by kampioenskappe.

SECUNDA – Stoers van Sasol Stoeiklub het Saterdag, 22 Februarie aan die Mpumalanga Ope Stoeikampioenskappe op Middelburg deelgeneem en presteer.

Atesaam 435 stoeiers van 34 stoeiklubs het aan dié kampioenskappe deelgeneem en stoeiers van Sasol het medaljes ingepalm.

Die stoeiers wat goue medaljes verower het, is Angelique Jooste (vroue 0/11), JP Louw (Vrystyl 0/13), Janus Jooste (Vrystyl- en Grieks-Romeinse 0/13-afdelings) en Nico van den Berg (Vrystyl- en Grieks-Romeinse 0/17-afdelings).

Nathan Webb het ’n tweede plek in die Vrystyl 0/15-afdeling behaal en Dawie Hechter ’n tweede plek in die Grieks-Romeinse 0/15-afdeling.

Hechter het ’n derde plek in die Vrystyl 0/15-afdeling behaal en Webb ’n derde plek in die Vrystyl 0/15-afdeling, die Grieks-Romeinse 0/15-afdeling en die Presidentafdeling.

Jordan Webb het aan die langtermynontwikkelingsafdeling deelgeneem.

Sasol Stoeiklub het in totaal 13 inskrywings gehad en 13 plekke behaal.

Die president van Sasol Stoeiklub, mnr. Johan van den Berg, het gesê hy is trots op sy stoeiers en dat dit hul eerste kampioenskap vanjaar was.

“Hulle het soos ware kampioene gestoei,” het hy gesê.

Vir meer inligting oor Sasol Stoeiklub en hul oefentye, skakel mnr. Van den Berg by 082 322 9893 of me. Lollie van den Berg by 082 343 7800.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button