Local sportSport

Hot Rods teken 65 doele aan

Belangstellendes kan netbalspanne gaan ondersteun.

SECUNDA – Netbalspanna het verlede week weer kragte gemeet in die binnenshuise netballiga by Lake Umuzi.

Die Silent Assassins en die Underdogs het Woensdag, 5 Maart teen mekaar te staan gekom en die Silent Assassins het die Underdogs met ’n telling van 42-13 geklop.

Die Hot Rods en die Sapphires het ook kragte gemeet en die Hot Rods het die Sapphires met ’n telling van 47-31 geklop.

Die Hot Rods het die Disco Ninja’s ook gewys wie is baas in hul wedstryd Vrydag, 7 Maart en die wentelling was 65-20.

Die spanne wys hul staal weer vandeesweek en die Hot Rods en die Purple Frogs het Maandag, 10 Maart kragte gemeet, die Puss & Boots-span en die Sapphires het Woensdag, 12 Maart gespeel asook die Silent Assassins en die Aftershock-span.

Belangstellendes is welkom om te gaan kyk hoe die Intoxicated-span teen die Aftershock-span, die Underdogs teen die Sublime-span en die Stingers teen die Intoxicated-span meeding.

Die wedstryde begin om 5nm by Lake Umuzi.

Vir meer inligting, skakel me. Adelle Grové by 072 262 4634.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button