Hot Rods kry weer 65 doele
Binnenshuise netballiga vind weekliks by Lake Umuzi plaas.
SECUNDA – Die Hot Rods-netbalspan het weer eens die meeste doele tydens verlede week se wedstryde aangeteken en het die Purple Frogs met 65-20 geklop.
Die binnenshuise netballiga by Lake Umuzi het verlede week voortgegaan en die ander spanne wat kragte gemeet het, is die Puss & Boots-span en die Sapphirres.
Die Puss & Boots-span het die Sapphirres verlede Woensdag met 57-16 geklop.
Die Silent Assassins en die Aftershock-spanne het ook verlede Woensdag kragte gemeet en die Silent Assassins het die wedstryd met 64-19 gewen.
Die Intoxicated-span en die Aftershock-span het verlede Vrydag teen mekaar gespeel en die Aftershock-span het die wedstryd met 54-18 gewen.
Die Underdogs het die Sublime-span met 37-34 geklop en die Stingers het die Intoxicated-span met 51-29 geklop.
Belangstellendes is welkom om op Maandae, Woensdae en Vrydae vanaf 6nm na die wedstryde by Lake Umuzi te gaan kyk en die spanne te ondersteun.
Die Puss & Boots-span en die Hot Rods het op Maandag, 17 Maart kragte gemeet en die Puss & Boots-span vat die Underdogs op Woensdag, 19 Maart aan en na hulle wedstryd sal die Silent Assassins en die Stingers kragte meet.
Vir meer inligting skakel me. Adelle Grové by 072 262 4634.



