SECUNDA – Lede van die plaaslike 4 x 4-klub het Saterdag, 15 Maart byeengekom en vir vroue die geleentheid gegee om self agter die stuur van hul mans se 4 x 4s in te skuif en hul vaardighede te wys.
Die doel van dié dag was om vroue meer vertroud agter die stuur te maak en veral met die hefbome, knoppies en tegnologie van die meer moderne 4 x 4-voertuie.
Secunda 4 x 4-klub bied gereeld soortgelyke uitstappies in die omgewing aan en vergader maandeliks om nuwe uitdagings te bespreek en op hoogte van alle aspekte van 4 x 4-veldryery te wees.
Hulle reël ook gereeld naweektoere of langer toere sodat elke lid kan leer hoe om die meeste uit hul 4 x 4-voertuie te kry.
Vir meer inligting, skakel die voorsitter, mnr. Rudi van der Merwe, by 082 880 8020 of die sekretaris, mnr. Cobus Mouton, by 076 979 7857.



