SECUNDA – Netbalspelers het verlede week hul staal in die binnenshuise netballiga wat by Lake Umuzi plaasvind, gewys.
Die Puss & Boots-span en die Hot Rods het op Maandag, 17 Maart kragte gemeet en die Puss & Boots-span het die Hot Rods met ’n telling van 42-24 geklop.
Die Puss & Boots-span en die Underdogs het mekaar op Woensdag, 19 Maart gepak en die Puss & Boots-span het weer eens die wedstryd beklink met ’n telling van 42-17.
Daarna het die Silent Assassins en die Stingers mekaar die stryd aangesê en die Silent Assassins het die wedstryd met 59-23 gewen.
Daar was geen wedstryde verlede Vrydag nie omdat dit ’n openbare vakansiedag was.
Spanne neem vandeesweek verder aan die liga deel en die Aftershock-span en die Purple Frogs het op Maandag, 24 Maart teen mekaar gespeel terwyl die Sapphires en die Purple Frogs en die Untoxicated en die Underdogs op Woensdag, 26 Maart gaan kragte meet en die Aftershock-span en die Hot Rods asook die Stingers en die Aftershock-span op Vrydag, 28 Maart gaan speel.
Belangstellendes is welkom om die wedstryde te gaan kyk.
Vir meer inligting, skakel me. Adelle Grové by 072 262 4634.



