Local sportSport

Egipte wink vir NIco

Jong stoeier op Secunda vir kampioenskappe gekies.

SECUNDA – Nico van den Berg van Sasol Stoeiklub het op 8 Maart aan die Suid-Afrikaanse Stoeiproewe in Pretoria deelgeneem en het eerste geëindig.

Hy is ook gekies om op 20 Mei aan die Suid-Afrikaanse Kadet Vrystyl Stoeikampioenskappe wat in Alexandria, Egipte plaasvind, deel te neem.

Dié kampioenskappe in Egipte is die kwalifiserende rondte vir die Olimpiese Jeugstoei Spele wat in Augustus in China plaasvind.

Sasol Stoeklub se president, mnr. Johan van den Berg, is trots op Van den Berg en het gesê: “Daar lê nou harde werk voor en ons wens Nico alles sukses toe.”

Vir meer inligting oor Sasol Stoeiklub of om by hulle aan te sluit, skakel mnr. Van den Berg by 082 322 9893 of me. Lollie van den Berg by 082 343 7800.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button