KRIEL – Rietkuil Raceway bied Saterdag, 29 Maart om 16nm ’n wedren vir standaardklas aan.
Dit is’n klas waar enige soort voertuig gebruik mag word, maar dit mag nie groter as 1600cc-enjinkapasiteit hê nie en moet standaard wees soos uit die fabriek gebruik word met geen modifikasies om dit beter of vinniger te maak nie.
Dit is ook die klas waar alle nuwe beginners en kinders ry om ondervinding op te doen vir die groter klasse.
Sowat sewe ander klasse sal ook deelneem en dié wedrenne is besig om die jaers op te warm vir die streekskampioenskap wat op 7 Junie by Rietkuil sal plaasvind.
Daar sal ook verversings verkoop word
Die hekke open om 12vm en die toegang beloop R40 per persoon ouer as 14 jaar en R20 vir 7-13 jaar en R15 per motor.
Rietkuil Raceway hoop om baie ondersteuners op die dag te sien.
Vir navrae, skakel mnr. Kobus by 073 173 3988.



