SECUNDA – Perderuiters het op Saterdag, 22 Maart tydens ’n perdespringkompetisie by die Mbizana Kunsruitersentrum kragte gemeet.
In die Klas 1-afdeling het almal pryse gewen en die deelnemers was Carla Kleinhans op haar perd Prinses, Renata De Villiers op haar perd Liara, Nadia Kruger op haar perd Arrow, Charlize Degenaar op haar perd Pasha, Yolandi Huysamen op haar perd Breaking Thru Thunder, Carla Kleinhans op haar perd Nikita, Rhilanda Huysamen op haar perd Popcorn, Xavier Potgieter op sy perd Kate, Mikhayla Blignaut op haar perd Popcorn, Ashleigh Lee Blignaut op haar perd Kate, Maro-Lee van Schalkwyk op haar perd Popcorn, Jean-Ro van Schalkwyk op sy perd Kate en Riedeman Huysamen op sy perd Popcorn.
Tilanie Groenewald op haar perd Martini, is die wenner in die Klas 2-afdeling, terwyl Danielle Pretorius op haar perd Gilljoy tweede geëindig het en Merishke Groenewald op haar perd Phoenix, derde was.
In die Klas 3-afdeling het Groenewald op haar perd Phoenix eerste geëindig met Bronwin Fourie op haar perd Venus in die tweede plek en Tilanie Groenewald op haar perd Martini in die derde plek.
Nols Meiring op sy perd Star Patrol was eerste in die Klas 4-afdeling, met Fourie op haar perd Silver Flash tweede en Terina Kok op haar perd High Class derde.
In die Klas 6-afdeling het Fourie op haar perd Venus ’n eerste plek losgery met Groenewald op haar perd Phoenix in die tweede plek.
Groenewald op haar perd Martini was die wenner in die Klas 7-afdeling met Fourie op haar perd Venus in die tweede plek en Kok op haar perd High Class in die derde plek.
Fourie op haar perd Silver Flash het die eerste plek in die Klas 8-afdeling verower met Jean-Mari van Schalkwyk op haar perd D-Royal Monster in die tweede plek en Nols Meiring op sy perd Star Patrol derde.
Meiring het die Klas 9-afdeling gewen.



