School sportSport

Erries laat Volksrust sweet vir sege

Ermelo het die botoon in die lynstane gevoer en veral beïndruk met doelgerigte dryfbewegings wat die Volkies soms benoud laat skarrel het.

Die Erries se eerste rugbyspan het nog ’n nederlaag in die Pumaliga gely toe Volksrust hulle Saterdag met 22 – 10 geklop het.
Volksrust, ’n gedugte span, moes egter hard werk vir die twee doele, ’n drie en ’n strafdoel wat hulle teenoor Ermelo se twee drieë aangeteken het. Die Erries het ses moontlike punte verbeur toe hulle verkies het om twee strafskoppe na die kantlyn in plaas van pale toe te skop.
Ermelo het die botoon in die lynstane gevoer en veral beïndruk met doelgerigte dryfbewegings wat die Volkies soms benoud laat skarrel het.
Siyabonga Makhubu het die Erries se eerste drie vroeg in die wedstryd gedruk nadat hy ’n goed-geplaaste skoppie van Tapiwa Mafura opgevolg het, terwyl Mduniso Sele ’n volle agterlynbeweging ná rustyd met die tweede drie afgerond het.
In die ander wedstryde het Ermelo groot oorwinnings behaal.
Die 0/16A’s het Volksrust met 68 – 0 afgeransel en 12 drieë gedruk, die 0/15A’s het met 42 – 0 (agt drieë) koning gekraai en die tweede span se sege van 45 – 5 sluit sewe drieë in. (CK)

Hokkiespanne deur na kwarteind
Die Erries se hokkiespanne het hulle goed van hul taak gekwyt en almal na die kwarteindstryde deurgedring.
Die 0/14-span het hul wedstryd 2-3 verloor, terwyl die 0/16A’s en tweede span albei gelykop gespeel het.
Die 0/15A’s het hul teenstanders met 4-0 die loef afgesteek en die eerste dogterspan het 1-0 met Volksrust afgereken.
Die dogterspanne is onder die top 10 Pumaspanne in die onderskeie ouderdomsgroepe. Hulle speel op 20 en 21 Junie in die kwarteind van die liga. Sou hulle in die top vier eindig, sal hulle deurdring na die halfeindstryd ná die skoolvakansie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button