BETHAL – Laerskool Marietjie van Niekerk se netbaldogters het hope gees en tonne talent.
Hoewel die netbalseisoen vinnig besig is om einde se kant toe te staan, oefen die 0/11-span steeds.
Dié span het gekwalifiseer om op 21 Junie aan die Mpumalanga A-ligakampioenskap in Witrivier deel te neem.
“Die dogters se mikpunt is om sommer baie goed te doen en ’n medalje huis toe te bring,” het hul afrigter gesê.
Hanne Swart, Angie Smit, Anche van der Merwe en Jay’C Venter is gekies om in Julie-vakansie aan die Bokkieweek in Naboomspruit te gaan deelneem.
Twee seuns, Juan-Pierre Bothma en Johan van Staden, is ook vir die Bokkiespanne gekies.
Die Gert Sibande-skaaktoernooi het onlangs by Laerskool H. M. Swart plaasgevind en deelnemers kon aan die 0/9-juniors, 0/11-seniors en 0/13-seniors deelneem.
Elke groep het uit ses spelers bestaan.
Die spanne van Laerskool Marietjie van Niekerk het besonder goed presteer en twee van die drie ouderdomsgroepe het die toernooi gewen.



