SECUNDA – Die vyfde week van die binnenshuise netballiga het verlede week by Lake Umuzi plaasgevind en die Sublime-span het die Fighting Hens Maandag, 30 Junie met ‘n telling van 61-12 geklop.
Die Puss & Boots-span en die Underdogs het Woensdag, 2 Julie kragte gemeet en die Puss & Boots-span het die wedstryd met ‘n telling van 51-23 gewen.
Die Silent Assassins het die Fighting Hens op dieselfde dag met ‘n telling van 83-18 geklop. Die Hot Rods en die Black Magic-span het Vrydag, 4 Julie teen mekaar gespeel en die Hot Rods was die wenners met ‘n telling van 45-21.
Die Tangy Fast Fires en die Black Magic-span het Maandag, 7 Julie kragte gemeet.
Belangstellendes is welkom om na die wedstryde te gaan kyk en die spanne ding Maandae, Woensdae en Vrydae, vanaf 6nm mee.
Die Jaguars kom op 9 Julie teen die Puss & Boots-span te staan en die Wolf Pack teen die Underdogs. Die Hot Rods en die Tangy Fast Fires en die Wolf Pack en die Jaguars meet Vrydag, 11 Julie kragte.
Vir meer inligting, skakel me. Adelle Grové by 072 262 4634.



