Duiwe sprei hul vlerke
Uitslae van Standerton Posduifklub se eerste middelafstandwedvlugte.

Die eerste middelafstandwedvlugte van Standerton Posduifklub het op Saterdag 26 Julie vanaf Christiana oor ‘n afstand van 417km begin.
Die jong duiwe is om 7.30vm en ope-afdeling duiwe om 8vm vir die tweede wedvlug losgelaat.
Die volledige uitslae in die jaaroudafdeling is:
Marius Esterhuizen se duiwe was 1, 2, 13, 24, 25, 30 en 38ste, Geelbos 3, 5, 6, 10, 16, 28, 29 en 33ste, John Vienings 4, 7, 26, 27, 31, 32 en 39ste, Robert Scott 8 en 22ste, Ben Steyn 9 en 40ste, Lombard Juniors 11 en 20ste, David Armitage 14 en 36ste, David van der Linde 17, 18 en 37ste, Norden Lombard 19, 34 en 35ste, Danie van Staden 21ste en Ronald Scott 23ste.
Die wenspoed was 1555.49 meter/minuut of 93.3 km/uur.Die volledige uitslae in die ope-afdeling is:
Ben Steyn se duiwe was 1, 4, 10, 12, 23 en 26ste, Marius Esterhuizen 2, 11 en 25ste, David van der Linde 3, 8, 32, 35 en 39ste, Ronald Scott 5, 6 en 18de, John Vienings 7, 14, 15, 16 en 28ste, David Armitage 9 en 13de, Lombard Juniors 17de, Danie van Staden 19, 33 en 36ste, Norden Lombard 20 en 40ste, Robert Scott 21, 24 en 38ste, Geelbos 22, 30, 31, 34 en 37ste, Johan Marneweck 27ste en DeVille Hokke 29ste.
Die wenspoed was 1633.82meter/minuut of 98.02 km/uur.
Die volgende wedvlug vind op 2 Augustus vanaf Warrenton plaas.



