Local sportSport

Netbalspanne met kragte

Belangstellendes kan na wedstryde gaan kyk.

SECUNDA – Spanne het verlede week kragte in die kwarteindronde van die binnenshuise netballiga by Lake Umuzi gemeet.

Die Puss & Boots-span en die Hot Rods het mekaar Woensdag, 6 Augustus die stryd aangesê en die Puss & Boots-span het die wedstryd met ’n telling van 61-21 gewen.

Die Buns & Guns-span en die Stingers het na hulle kragte gemeet en die Buns & Guns-span het die wedstryd met ’n telling van 59-7 gewen.

Die Underdogs en die Sublime-span het Vrydag, 8 Augustus kragte gemeet en die Underdogs het die wedstryd gewen met ’n telling van 40-33.

Die Silent Assassins en die Shooting Stars het ook meegeding en die Silent Assassins het die wedstryd gewen met ’n telling van 51-23.

Die Stingers, Hot Rods, Shooting Stars en die Sublime-span speel die week uit vir die vyfde, sesde, sewende en agtste plekke en die Puss & Boots-span, die Buns & Guns-span, die Silent Assassins en die Underdogs meet op 16 Augustus kragte vir die eerste plekke.

Belangstellendes is welkom om na die wedstryde by Lake Umuzi te gaan kyk.

Vir meer inligting, skakel me. Adelle Grové by 072 262 4634.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button