Stoeiers blink uit
Stoeiers van Sasol Stoeiklub het onlangs aan die Mpumalanga Pumatjie Stoeitoernooi op Delmas deelgeneem en knopies verwerf.
SECUNDA – Stoeiers van Sasol Stoeiklub het onlangs aan die Mpumalanga Pumatjie Stoeitoernooi op Delmas deelgeneem en knopies verwerf.
Dié stoeiers is Reimond Hattingh, Erik Grobler, Ethan Mohr, Stian Griffin, Pedre Roux, Henco Coetzee en Stefan Slabbert.
Slabbert, Coetzee, Jayden Victor, Jordan Webb, Mohr en Kyle Viktor het in die Lang Termyn Ontwikkelingsafdeling deelgeneem.
Angelique Jooste, Drikus Swanepoel, JP Louw, Webb en Nico van den Berg het goue medaljes in hul onderskeie afdelings ingepalm.
Swanepoel, Webb en Van den Berg het in die Grieks-Romeinse afdeling ook medaljes verower.
Webb het twee tweede plekke behaal.
Mnr. Johan van den Berg, President van Sasol Stoeiklub, is trots op die stoeiers.
“Hulle hou voorwaar die stoeiklub se naam hoog,” het hy gesê.



