Local sportSport

Ringtennis begin weer op Standerton

Opedag gehou by die Standerton Ringtennisklub.

Standerton Ringtennisklub het op 16 Augustus ‘n Opedag by die Skouterrein gehou.

Volgens Luttie Jacobs, woordvoerder, was dit suksesvol en hulle was bly om al die nuwe gesigte te sien.

Ringtennis het in die vroer 60’s in Duitsland begin en is ‘n baie aktiewe sport vir jonk en oud.

Die klub oefen op Dinsdag- en Donderdagaand by die Skouterrein van 6.30nm tot 8nm en almal is welkom.

Lede gaan op 30 Augustus in Alberton aan die Nasionale Kampioenskap in die 0/13-, 0/16-, 0/19-, senior- en veteraanafdeling deelneem.

Daarna word ‘n SA- en SA Uitnodigingspan gekies wat teen mekaar meeding.

Ringtennis is anders as tennis met reëls wat byna met netbal ooreenstem.

As jy die ring vang, mag jy net drie treë neem voor jy weer gooi en mag ook net vir drie sekondes die ring vashou.

Jy mag nie die ring afgooi nie, as jy dien moet jy uit die baan dien en dan mag jy in die baan beweeg.

Vir meer inligting skakel Luttie Jacobs by 073 433 5329 of Bertus le Roux by 082 925 0533.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button