Local sportSport

Mans en vroue trek tou

Toutrekkers bring medaljes huis toe.

SECUNDA – Die Suid-Afrikaanse Toutrekkampioenskappe het in Julie in Pretoria plaasgevind en toutrekkers van Suid-Afrika, Zimbabwe en Zambië het deelgeneem.

Altesaam 151 spanne wat uit mansspanne, vroue-spanne en gemengde spanne bestaan, het in die verskillende gewigsafdelings deelgeneem.

Lede van toutrekklubs op eMbalenhle, Mbombela en Secunda het Mpumalanga by die kampioenskappe verteenwoordig.

Dié kampioenskappe het met die Suid-Afrikaanse Meestersspanne wat in die 720kg-afdeling deelgeneem het, afgeskop.

Die ontwikkelingsspanne het in die Afrika Ontwikkelingskampioenskappe-afdeling deelgeneem en daarna het die provinsiale spanne mekaar die stryd aangesê.

Mpumalanga se spanne het verskeie medaljes ingepalm.

Die 600kg gemengde span het ’n silwermedalje huis toe geneem, terwyl die meestersspan en die 500kg 0/23 vroue-span albei bronsmedaljes verower het.

Mnr. Thys Duraan van die Mpumalanga Toutrekvereniging het Sipho Tlakedi van eMbalenhle wat vir die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsspan gekies is, geluk gewens.

Hy het ook elke deelnemer van die Mpumalanga-spanne vir hul harde werk bedank.

“Toutrek word internasionaal beoefen en ’n Suid-Afrikaanse toutrekspan het reeds in 1904 in St Louis aan die Olimpiese Spele deelgeneem,” het mnr. Duraan gesê.

Secunda Toutrekklub oefen Dinsdae en Donderdae vanaf 6nm en belangstellendes is welkom om by dié klub aan te sluit.

Vir meer inligting, skakel mnr. Heyman by 079 746 3021.

Foto:

Sipho Tlakedi

O/23 Dames 500kg span

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button