Local sportSport

Seiljagters span die seile

Hoëveld Seilklub hou jaarvergadering en kies nuwe komitee.

TRICHARDT – ’n Koue wind en ysige water het seiljagters nie gekeer om Saterdag, 23 Augustus aan die Hoëveld Seilklub se Commore Cup-regatta by Trichardsfonteindam deel te neem nie.

Seiljagters in sewe bote het die water aangedurf en vier van die sewe seiljagte het omgeslaan.

Volgens me. Magda van Lienden, sosiale lid van die klub, moes die seiljagters van dié vier bote wat omgeslaan het, eers gehelp word voordat die regatta kon aangaan.

“Sommige seiljagte se hoofseilkabels het gebreek en ander het in die sterk wind omgeslaan,” het me. Van Lienden gesê.

Net drie seiljagters kon die laaste regatta voltooi.

Dit was ook die seilklub se jaarafsluiting en hulle het Saterdagaand hul algemene jaarvergadering gehad en ’n nuwe komitee gekies.

Mnr. Willem van Lienden is weer tot kommodoor verkies en mnr. Jasper Coetzee (wat voorheen ook al as kommodoor gedien het) het himself beskikbaar gestel as vise-kommodoor.

Volens me. Van Lienden word die gebied by die seilklub jaarliks goed in stand gehou en vanjaar is daar waarde tot die klub toegevoeg met die klubsaal wat uitgeverf is en nuwe huisies wat vir die werkers gebou is.

Hoëveld Seilklub het tans 50 lede wat wissel van aktiewe seiljagters tot sosiale seiljagters wat net soms die water aandurf.

Die jaarlikse wenners is tydens die algemene jaarvergadering aangekondig en Eugene Thornhill is die beste seiljagter vir die jaar, met Peter van der Meer in die tweede plek en Jasper Coetzee in die derde plek.

Jeandre Landman is as die beste jong seiljagter aangewys en Sean Boyley as die seiljagter wat die meeste vordering deur die jaar getoon het.

Thornhill was die wenner van die Commore Cup-regatta en Van der Meer en Hein Hurter het tweede geëindig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button