Local sportSport

Netballiga duur voort

Belangstellendes kan na netballiga gaan kyk.

SECUNDA – Netbalspanne het verlede week kragte gemeet in die tweede week van die binnenshuise netballiga by Lake Umuzi.

Die Proconics Turners en die Targarians het mekaar op Maandag, 8 September gepak en die Proconics Turners het die wedstryd met ’n telling van 38-10 gewen.

Die Hoops en die PDPS-span het ook op dié dag kragte gemeet en die Hoops was die wenners met ’n telling van 51-5.

Die Puss & Boots-span en die Hoops het op Woensdag, 10 September gespeel en die Puss & Boots-span het die Hoops met 36-15 geklop.

Die Underdogs het die PDPS-span op dieselfde dag met ’n telling van 42-5 geklop en die Senorita’s en die Wolf Pack-span het ook op dié dag meegeding en die Senorita’s was die wenners met ’n eindtelling van 38-18.

Die Wolf Pack-span is op dieselfde dag geklop deur die Mixers.

Die telling was 29-25.

Die wedstryde het op Vrydag, 12 September voortgeduur en die Proconics Turners het die Mixers met 43-17 geklop en die Silent Assassins het die Underdogs met 33-21 geklop.

Die Wolf Pack-span het op dieselfde dag Targarians oorwin met ’n telling van 20-8 en die Mixers het die Black Magic-span geklop met ’n telling van 11-9.

Die netballiga gaan vandeesweek voort en belangstelendes is welkom om na die wedstryde by Lake Umuzi te gaan kyk.

Die spanne speel Maandagaande, Woensdagaande en Vrydagaande.

Vir meer inligting, skakel me. Adelle Grové by 072 262 4634.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button